OMTRENT ONS
Indeks
Omtrent Ons
Akkommodasie Jagpakkette Troues
Fasiliteite
Konferensies
Waar/Kaart
Kontak ons
De Rust
De Rust Privaat Natuur Reservaat geleë in die hartjie van Suid Afrika, ongeveer 25km vanaf Welkom op die Kroonstad pad. Geregistreer as 'n privaat natuur reservaat by die Vrystaatse Departement van Natuurbewaring en Toerisme. Die ideale plek om na weg te breek vir 'n Dag, Naweek of 'n volle Vakansie.  
 

Hier sal U die rustigheid ervaar wat net 'n vernuwing van die siel kan meebring. Die plaas bestaan uit 680 Hektaar van tipiese Vrystaatse grasveld wat ideale weiding is vir ons inheemse boksoorte. Waarvan hier ook 'n verskeidenheid is, ons het onder meer Springbokke, Gemsbokke, Elande, Rooi Hartebeeste, Swart Wildebeeste en nog vele meer wat gesien kan word deur ons gereelde wildbesigtigings toere wat hier aangebied word.

'n Gelisensieërde Kroeg, Braaigeriewe Swembad en Trampolien is daar vir die mense wat net vir die dag wil wegbreek, kom maak 'n dag se piekniek daarvan en kom besigtig die diere in hulle natuurlike element.

Vir die vakansieganger het ons 'n Gastehuis, 8 Luukse Chalets, 5 Rondawels, Karavaan en Tent staanplek vir 30 eenhede met elektriese punte beskikbaar.

Ons goed toegeruste Slag en Koelkamer maak dit vir Plaaslike, Oorsese en Korporatiewe jagters moontlik om hulself hier te kom geniet.

Het U konferensie geriewe nodig? Dan het ons net wat U nodig het, 1 Groot saal wat ongeveer

250 mense kan akkommodeer, word ook gebruik vir Troues, Onthale en Jaareind funksies, en dan 2 kleiner sale wat elkeen ongeveer 35 persone kan akkommodeer.

Kontak ons vandag nog om U vakansie, funksie of troue te bespreek.

 
Index|Omtrent Ons|Akkomodasie|Jag pakkette|Troues|Fasiliteite|Konferensies|Waar/Kaart|Kontak Ons
for English Version